Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL NUUS SONDAG 15 JUNIE 2014
Goeiemore en welkom, jy luister na ZS6SRL die amptelike stem van die Suid Afrikaanse Radio liga. Jy kan nou luister na ons

weeklikse nuus uitsending gelees deur ________________________ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik). Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolink luisteraars is daar ‘n herleiding deur ZS0JPL

Hierdie oudio bulletin kan afgelaai word vanaf die SARL se webblad by www.sarl.org.za ‘n Teksweergawe van hierdie en vorige

bulletins kan ook van hierdie webblad afgelaai word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e pos te ontvang.

Ons begin vanmore se bulletin met ‘’n stil sleutel:

Dit is met leedwese dat die afsterwe van Jan du Toit, ZS6BAA, op Donderdag 05 Junie 2014 in die ouderdom van 90 jaar

aangekondig moet word.

Ons betuig ons innige meegevoel met sy familie en vriende.

** POUSE **

IN DIE NUUS VANDAG

AANSOEKE VIR RAE BEURS INGEWAG

BESPREEK NOU VIR DIE EERSTE RADIO TEGNOLOGIE IN AKSIE

KOMPETISIE NUUS

KLUB NUUS

HF VOORTPLANTING VOORSPELLING

BLY INGESKAKEL VIR HIERDIE EN ANDER NUUSITEMS


==> Die Suid Afrikaanse Amateurradio Ontwikkelings trust wag tans op aansoeke vir Tony Reumerman beurse van persone onder 26

jaar wat belangstel om die komende RAE af te le. Die beurs bedrag beloop R 1000-00 en dek die eksamen, die eerste jaar se

lisensiegelde met die restante bedrag vir die kurses. Daar is tans 2 sulke beurse beskikbaar en persone wat die beurs verwerf

staan ook die kans om 'n ARRL basiese antenne boek te kry sou hul die eksamen met 'n minimum "B" simbool slaag. Die kandidaat

sal die trust moet voorsien van 'n eksamen slaag brief wat hierdie simbool bevestig. Vind meer uit op die trust se webtuiste

www.amateurradio.org.za. Die sluitingsdatum is 30 Junie


==> Besprekings vir die Radio tegnologie in aksie simposium in Durban kan nog tot eerskomende Woensdag 18 Junie gemaak word.

Daar word oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe gepraat en heelwat hiervan word ook deur praktiese demonstrasies toegelig.
Vind die volledige program asook intekenvorms op die SARL se webblad, kies die Radio Tegnologie in Aksie skakel aan die

linkerkant van die tuisblad. Besprekings sal ook nog by die deure aanvaar word teen 'n nominale heffing van R 50-00 ekstra.


==> DIe Amateurradio ontwikkelings trust beskik ook oor heelwat boeke wat te koop aangebied word. "Radio Science for the radio

Amateur" kom vandag onder die vergrootglas en dit kyk hoe radio amateurs kan bydra tot die wetenskap deur die gebruik van

amateurradio. Jou ervaring en kennis is nie van kardinale belang nie maar wel jou waarneming vermoe. As radioamateur het jy

'n blik op die wereld en heelal wat vir meeste ander mense verborge is. As radio amateurs is ons betrokke by die wetenskap op

verskeie maniere vanaf die buitenste ruim tot op mikroskopiese vlak.

Die boek maak van 'n vars nuwe benadering gebruik om jou te lei om nuwe ontdekkings te maak. Daar is nog heelwat geheime

opgesluit in ons stokperdjie asook die wetenskap as geheel en die outeur Eric Nichols KL7AJ lei die leser op 'n interessante

ontdekkingstog. Vind meer uit en bestel sommer nou jou kopie via die webblad www.amateurradio.org.za/books.htm

==> In 2008 en 2009 het 'n onheilspellende stilte op die son neergedaal. Sonvlektellings het gedaal tot op rekord laagtepunte

en sonfakkels het vir 'n wyle heeltemal gestaak. Die langste en ook stilste solar minimum in die eeu het ontvou en

wetenskaplikes het begin wonder of daar ooit weer 'n solar maksimum sou wees. Sommige wetenskaplikes het so verveeld begin

raak dat hul begin twyfel uitspreek het dat die son maksima van weleer ooit weer sou herhaal word. Wel nou kan hulle, volgens

Dean Pesnell van die Godard ruimtesentrum maar ontspan, die son maksimum is hier!

Pesnell, is een van die top lede van NASA eb NOAA se son voorspelling paneel. Hierdie uitgelese groepie voorspellers kom

gereeld bymekaar om die toekoms van son siklusse te voorspel, maar dit is nie heeltemal so maklik nie. Die gewilde term 11

jaar sonsiklus dui eintlik op 'n periode wat enigiets tussen 9 en 14 jaar kan neem. Sommige son maksima is hoog terwyl ander

meer na die lae kant toe neig terwyl dit soms, soos in die 17de eeu het dit sommer vir 70 jaar heeltemal verdwyn
Pesnell verwys ook na die faktore wat aanduidings is dat 2014 'n solar maksimum jaar gaan wees, onder andere is daar die feit

dat die son se magneetveld omgekeer het, ook die begin van lang koronale openinge en ook die verhoging van sonvlekgetalle.

Al hierdie dinge ten spyt tel hierdie as een van die swakste sonsiklusse wat nog ooit aangeteken is. Gaan kyk gerus na die

interessante video op Amateur Radio Today blad op die SARL webtuiste wat heelwat inligting oor hierdie interessante gebeurtenis

bevat.

==> Die IARU HF kampioenskap vind gedurende die tweede vol naweek in Julie plaas. Die verrigtinge begin om 12:00 UTC op

Saterdag 12 Julie en eindig 24 uur later om 12:00UTC op Sondag 13 Julie. Die oogmerk van hierdie kompetisie is so veel

moontlik amateurs op die 160; 80; 40; 20 en 10 meter bande te kontak. QSO's op die 12;17;30 en 60 meter bande sal nie in

aanmerking kom vir hierdie kompetisie nie.
Stasies kan op enige band 2 keer gewerk word, eenmaal op foon en eenmaal op gelykgolf. Beide enkel en multioperateur stasies

mag vir die volle 24 uur deelneem. Die uitruiling is ide IARU lidvereniging se afkorting asook die seinraport. Die IARU

streek raad en die 3 IARU uitvoerende komitees stuur 'n AC; R1; R2; of R3 afkorting. Alle ander deelnemers maak gebruik van

hul ITU sone se afkorting. 'n Volle uitruiling moet in die logstaat wees om die QSO te vergeldig. Suid Afrika se ITU sone is

57.
OKOSA het die roepsien ZS9HQ aan die SARL hoofkantoor toegeken en hierdie roepsein sal vana f die Nasionale Amateurradio

sentrum af gebruik word tydens hierdie kampioenskap. Die SARL president Geoff Levey ZS6C versoek belangstellendes om hom te

kontak ten einde 'n gebruikrooster op te stel vir die geleentheid. Jy kan hom per e pos kontak by contest@sarl.org.za. Sluit

jou vol roepsien en kontakbesonderhede in jou elektroniese korrespondensie in.


==> Die wereld Radio Sport span kampioenskap vind oor dieselfde tydperk en frekwensies plaas. WRTC is 'n kompetisie tussen

twee persoon radioamateur spanne wat probeer om tydens die geleentheid soveel moontlik ander spanne te kontak. Die verskil is

dat alle spanne identiese radios en antennes gebruik, dus word daar baie meer op die vermoens van die verskillende spanne

gefokus. Hierdie jaar neem daar 59 spanne vanaf 29 verskillende geografiese liggings deel aan die kompetisie. SARL nuus wens

sterte toe aan twee persone van Suid Afrika wat weliswaar nie as 'n span gaan optree nie maar wel as skeidsregters. Hulle is

Bernie van dier Walt ZS4TX en Chris Burger ZS6EZ. Suid Afrika het nie 'n span ingeskryf vir hierdie geleentheid nie

==> Die SARL Top band QSO geselligheid vind plaas tussen 00:01UTC Donderdag 19 Junie 2014 en 00:00UTC Sondag 22 Junie 2014 op

die bandsegmente 1810 tot 1838kHz vir gelykgolf en 1840 tot 1850 vir foon kontakte. Hierdie geleentheid het dit ten doel om

QSO's tussen radio amateurs in Suder Afrika te bevorder en is oop vir alle amateurs wat toegang het tot die band.
Uitruiling is 'n RS of RST verslag en na elke QSO moet die stasie ten minste 2kHz verskuif of daar met ten minste 10 minute

verloop tussen QSO's op dieselfde frekwensie. Die frekwensie van elke QSO moet dan ook so op die logstaat aangedui word. Elke

stasie kan eenkeer per modus gewerk word. Elke kontak tel 3 punte terwyl elke Suid Afrikaanse roepsien area en elke DXCC

entiteit 'n verdere 5 punte sla besorg. Die totale sal dus die totale QSO punte plus die totale bonuspunte wees. Logstate

moet teen 30 Junie ingestuur wees na contest@sarl.org.za

Deelname aan hierdie geleentheid stel deelnemers dan ook in staat om aansoek te doen vir die SARL se topband sertifikaat

==> Die Durban Amateurradio Klub maak graag van hierdie geleentheid gebruik om die nuutverkose SARL raad en ook
nuut aangestelde SARL administrateur geluk te wens met die betrokke aanstellings. Die klub wens almal sukses toe vir die

2014/2015 jaar toe.

Tydens die DURBAN ARK AJV wat onlangs gehou is , is die volgende persone ook tot hulle kommitee verkies:

Voorsitter: Louis de Bruin ZS5LP
Ondervoorsitter: Neil Slogrove ZR5NAS
Sekretaris: Kurt Linsin ZS5KL
Tesourier: Louis de Bruin ZS5LP
QSL bestuurder vir ZS5D: Kurt Linsin ZS5KL
Lede: Aubrey Worthington ZS0018
Norman Fink ZS5NF
John Norman ZS5JX (toekenings en projekte)
Alan Bartlet ZS5ADP (meganies)
Glen Meyer ZS5GM ( IT, en webtuiste)
Sean Beukes ZS5TI (tegnies)

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak hoog gaan wees. Sonvlekke AR2080, AR2085 en AR2087 besit

"delta-klas" magneet velde wat genoeg energie huisves vir X-klas fakkels.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer

80.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n

kortkop agter behoort te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Ons sluit af met 'n blik op die gebeure vir die volgende paar weke:

Eerskomende Dinsdag 17 Junie is wereld QRP dag, en Donderdag tot Sondag 19 tot 22 Junie is dit tyd vir die SARL top band geselligheid. Saterdag 21 Junie kan jy die Durban RTA bywoon en 22 Junie is dit die ARRL se velddag. 12 en 13 Julie is dit weer tyd vir die IARU HF kampioenskappe asook die WRTC 14 kompetiesie.

Om vanmore se bulletin mee af te sluit weer 'n blik op ons hoofnuus: Die Suid Afrikaanse Amateurradio Ontwikkelings trust wag tans op aansoeke vir Tony Reumerman beurse van persone onder 26 jaar wat belangstel om die komende RAE af te le.

Dit bring ons dan aan die einde van hierdie Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin, vind meer uit oor hierdie en ander nuus deur die SARL se webtuiste te besoek.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz 'n potgooi deur Dick, ZS6RO en herleiding op verskeie BHF en UHF frekwensies regoor die land
'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.
Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.
Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op die webtuiste onder die newsinbox skakel nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Jy kan nou hierdie oudio nuusbulletin asook die Amateur Radio today program van die webtuiste www.podpage.co.za aflaai

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe. Totsiens


/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003